Die bekoorlike volkleur-illustrasies van My Lullabybel vir meisies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus. Elke gediggie het 'n gebed en 'n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.
My babadogtertjie se mylpale is 24 kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in 'n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang. Hierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto's van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.
52 volkleur-bladsye en 24 kaartjies, aan weerskante gedruk
What's in the box
1 x Boek
1 x Boks met 24 kaartjies