Maklik, makliker, Marinda! Tuiskok Marinda Engelbrecht se hande ken van raakvat, vlamvat, kortpaaie vat. Sy kook uit die hart, sommer met wat ook al in haar koskas is. In dié reseptekeur pronk al haar toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het.
Noem maar op, dis daar!Vier die lewe en dek 'n feestafel wat kreun onder oordaad: beesstert, bobotie, pasteie, kerrieafval, Ma se skaapboud, skaapstertjies, varkribbetjie, Krismis-gammon, blatjanghoender, doeksagte lamstjops (nogal in 'n baksakkie). Brode, patees, smoorsnoek en nostalgiese slaaie sorg vir die bykosse. Vir die weeksaand is daar lipaflek-pastas. Die soettand bly ook nie agter nie met outydse cremora-suurlemoentert, droomsjokoladetert, brandewyntert, klam wortelkoek, pannekoek, poffers en vele verrassings. En as ekstra bonus - spogkonfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in Marinda se reseptespens. Marinda deel met liefde 'n stukkie van haar hart met jou.
What's in the box
1 x Cookbook