Babilon I laat die antieke geskiedenis in ons hede weerklink. In die hart van die verhaal staan Nebukadnésar se groot droom: 'n superstaat onder een kroon, 'n mensgemaakte paradys sonder die gesag van God. Babilon I, is die eerste boek in reeks van vier groot menslike Ryke waarvan Nebukadnésar in die jare rondom 600 vC gedroom het. Dalk die beroemdste droom ooit. Dis dramas sonder einde. Koot Jonker weef historiese tonele en Bybelse figure in 'n samehangende kroniek wat nie net terugkyk nie, maar ook na die hede en die toekoms. Die roman vra: Hoe verskil die dryfvere van die antieke ryke, naamlik rykdom, mag en prestige, van die kragte wat vandag na een-wêreldregering streef? Is die sogenaamde utopie van Globalisme in wese 'n herhaling van antieke hartstogte, en teen watter prys? Die verhaal balanseer op 'n draad tussen politiek en profesie. Jonker teken die skaduwees van mag; hy laat profetiese stemme weerklink, Daniël, Jeremia, die stemme wat keer dat menslike hoogmoed ongestraf bly. Die boek bied ook 'n diep geestelike hart: 'n herinnering dat die werklike bron van gesag en herstel nie in Rome, Washington, of Beijing lê nie, maar by die Koning van die konings, Jesus Christus.
What's in the box
1 x Book