Die baas van die dansvloer Snotkop is terug met sy lang verwagte album “Soos ‘n Boss”.
Snotkop het reeds met ‘n lang lys platinum albums bewys dat hy een van die grootste name in Afrikaanse musiek is en hierdie album kan by die lys bygevoeg word. Die album bestaan uit 14 treffers wat jou op die dansvloer sal hou van begin tot einde. Die hele Suid-Afrika praat reeds oor Snotkop se eerste enkelsnit “Agter Op My Fiets”. Hierdie fiets voeg iets vars by sy reeds bestaande unieke styl.
Opvolgsnitte op die album is “Rock My Amadeus” soos wat jy dit nog nooit van tevore gehoor het nie. “Dikkelicious” en “Hiekies In Hartenbos” gaan ook groot treffers wees. Na die reuse sukses van “Song vir my dad” het Snotkop dit goed gedink om ‘n lied ook op te dra aan al die mammas “Altyd Ma Se Kind”. Die res van die album is gepak met danstreffer op danstreffer, Snotkop se briljante produksie en unieke skryfstyl het vir hom ‘n spesiale plek in die Afrikaners se harte uit gekerf.
Kry Snotkop se “Soos ‘n Boss” album nou, trek dansskoene aan en word saam met Snotkop die baas van die dansvloer.
1. Soos 'n Boss
2. Rock My Amadeus
3. Aktiwiteite Wat Belangrik Is
4. Hiekies In Hartenbos
5. Agter Op My Fiets
6. Al Lê Die Berge Nog So Blou
7. Dikkelicious
8. Girls In Bikinis
9. Altyd Ma Se Kind
10. Awêh!
11. Selfie
12. Vlieg Die Wêreld Rond
13. Onderstebo
14. As Daar Geen Môre Was