Kalariekind se onthou

Kalariekind se onthou

Die stories in dié boek is met opset in dié Afrikaans geskryf soos dit in die outeur se opgroei-jare gepraat was. Die ta…
5.01 Reviews
R 15.22

Die stories in dié boek is met opset in dié Afrikaans geskryf soos dit in die outeur se opgroei-jare gepraat was. Die taalgebruik is deurgaans soos dit op daardie stadium in die kontrei gepraat was. D...

Product Information

SKU98953921
Stock StatusIn Stock
Safe Checkout

Die stories in dié boek is met opset in dié Afrikaans geskryf soos dit in die outeur se opgroei-jare gepraat was. Die taalgebruik is deurgaans soos dit op daardie stadium in die kontrei gepraat was. Dit verskil effens van streektaal wat die skrywer ook mooi in die boek verduidelik. Enige taalgebruik wat uit 'n suiwer taalkundige oogpunt nie korrek blyk te wees nie, is in die 'Skrywersnota' duidelik uiteengesit.
Sekere uitdrukkings in dié boek is uniek en was nét op die plaas gepraat waar die outeur grootgeword het. Maar ook dít is duidelik uiteengesit en die leser sal presies weet wat die betekenis is van wat daar geskrywe is.

Om dié boek in perspektief te kan lees, is dit belangrik dat die leser moet begryp dat bykans elke gebeurtenis of ervaring in 'n spesifieke konteks geplaas moet word. Dis bloot omdat die ervaring of gebeurtenis nét op grond van die skrywer se ouderdom, kennis, ervaring, ondervinding, die vorming of beskerming van sy ego, en miskien ook sý siening oor die aangeleentheid, gebaseer is.

Die verskillende stories in hierdie boek, is 'n samestelling van die outeur se fyn waarnemingsvermoë vanaf sy grootwordjare in die vroeëre Suidwes-Afrika, tot sy volwasse lewe in die R.S.A.

Nie ál die stories speel in die Kalaharie af nie, en dus is van hulle die outeur se waarneming en ervaring tydens sy studentejare en werkloopbaan.

Aangesien streek-en kontreitaal van destyds deurgaans in die boek gebruik word, maak dit 'n lekkerlees boek. As jy een verhaal gelees het, wil jy dadelik aangaan om ook die volgende een te lees.

Feitlik al die stories in dié boek, laat tog 'n diep lewensles by die leser agter, en mag dalk 'n traan of twee in jou oë laat opwel.

Nie een van die stories is opgemaak of fiksie nie. Die outeur het juis 'n punt daarvan gemaak om die kultuur van sy grootword-wêreld uit te beeld om dit sodoende behoue te laat bly vir latere generasies.

Die outeur het uit die aard van die saak hier en daar ietsie bygelas wat nou nie werklik gebeur het nie, maar dit was net om die storie méér vloeiend te maak en om ook soms 'n bietjie nostalgie in die storie ín te bou.

Hierdie boek is op so 'n manier geskryf, dat 'n leser wat nie van daardie wêreld af kom nie, hom onmiddellik met die kultuur en manier van praat kan vereenselwig. Dié lesers wat wel daar grootgeword het, voel onmiddellik of hulle maar nog al die jare nooit weg van daardie wêreld af was nie.

Die outeur is op 4 Julie 1958 in die Katolieke-hospitaal op Mariental in die vorige Suidwes-Afrika (nou Namibië) gebore. Hy is die oudste van 8 kinders, waarvan daar 3 seuns en 5 dogters is. Die dogters op hulle beurt bestaan weer uit 2 tweelinge en nét sy oudste suster, is 'n eenling. Dié 8 kinders strek vanaf 1958 toe die outeur gebore is, tot en met 1972, toe die laaste tweeling gebore is.

Hy het ná skool eers Weermag toe gegaan, en daarna Meganiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer, en 'n hele paar jaar daarna sy Meestersgraad in Engeland by Loughborough University of Technology behaal.

What's in the box
1 X Book

More in Biographies