Hierdie speletjie slaag daarin om oud en jonk weer bewus te maak van die kleurryke spreekwoorde- en idiomeskat waaroor ons in Afrikaans beskik. 244 spreekwoorde en idiome is gekies – sommige bekend, ander minder bekend, maar tog lekker om van te hoor – en in ses verskillende kategorieë verdeel om die aanleer en gebruik daarvan pret te maak.
Hierdie ses kategorieë idiome word op die volgende maniere aangebied:
Kenmerke:
- Gee die betekenis van die idioom
- Gee die idioom (die betekenis word gegee met ’n kodewoord wat uit die idioom kom
- Pasmaats (’n Pak op sy tyd is soos brood en __)
- Voltooi die idioom
- Gebruik die idioom in ’n sin
- Stomstreke/Teken
What's in the box
1 x Spelbord
244 x Speelkaarte
4 x Speelstukke
1 x Reëls
1 x Dobbelsteen