Hykie Berg is ’n bekende akteur en uitgesproke Christen. Hy is ook ’n verslaafde wat elke dag kies om ’n pad van herstel te stap. Die verhaal nooi jou uit om nuut te kyk na wie God werklik is en te onthou dat sy onvoorwaardelike liefde ook vir jou bedoel is.
Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook ’n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in ’n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van ’n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.