2 Afrikaanse Bybelstories
Daniël in die leeukuil
Hou jy van stories oor gelowige helde en geroot vyande?
Dan sal jy baie van die storie van Daniël en die leeus hou. Daniël het God met sy hele hart gedien en elke dag gebid. Die koning se raadgewers was jaloers op hom en het 'n plan uitgedink om van hom ontslae te raak. Hulle het die koning geflous om Daniël in 'n kuil vol leeus te laat gooi.
Wat dink jy het gebeur?
Lees hierdie boek en vind uit hoe God Daniel teen die leeus beskerm het en gemaak het dat die koning groot respek gekry het vir hom.
Jona en die walvis
Hou jy van stories oor wonderwerke en die grootste diere in die see?
Dan sal jy baie van die storie van Jona en die walvis hou.
Jona was 'n profeet wat nie na God geluister het nie.
'n Walvis het hom heel ingesluk en hy het drie dae in sy maag gebly.
Hoe het hy daar uit gekom?
Lees hierdie boek en vind uit hoe God vir Jona gewys het hoe sterk Hy is en hoe groot sy liefde is.
Elke boek is 'n harde blad boek met 29 bladsye
Die boeke is 17.5cm en gemaklik in klein hande
What's in the box
1 x Daniël in die leeukuil boek
1 x Jona en die walvis boek