77 Bybelbeloftes wat elke kind moet ken sal kinders tussen 5 en 8 help om 77 sleutelverse uit die Skrif op 'n prettige manier te memoriseer. Omdat herhaling die sleutel tot memorisering is, maak hierdie hulpmiddel die memorisering van die Skrif so maklik soos 1 - LEES dit, 2 - SKRYF dit en 3 - KLEUR dit in! Eers lees kinders die vers, dan skryf hulle dit uit en dan kleur hulle die kreatief ontwerpte vers in. 'n Aftik-lys agterin maak dit maklik om af te merk watter verse die kind ken.
77 Bybel-aktiwiteite vir kinders is ontwerp om kinders tussen 5 en 8 te vermaak terwyl daar terselfdertyd 'n liefde vir God se Woord in hulle vasgelê word. Kinders sal pret hê terwyl hulle die kolletjies verbind om te sien wat vir Jona ingesluk het en die diere help om Noag se ark te kry. Hulle sal die speletjies geniet en speel-speel leer.
Die speletjies is geskik vir seuns en dogters en sal help om kritiese denke en kreatiewe probleemoplossing te ontwikkel terwyl hulle die speletjies uitpluis wat leeswerk, skryfwerk en tel insluit.
77 Onthou-verse vir kinders is ontwerp om kinders tussen 5 en 8 jaar te help om 77 sleutelteksverse in die Bybel op 'n prettige manier te memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en dan kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.
Vir kinders tussen 5 en 8 jaar.
Eenkleur-binnekant.
What's in the box
3 x Boeke